8 dae gelede
Pakistan kies Amir weer in ODI-groep
mohammad amirFoto: gallo images  ~ 

DIE Pakistanse krieketraad (PKR) het ’n sterk groep spelers­ vir die vyf internasionale eendaagse wedstryde (ODI’s) teen Suid-Afrika bekend­ gemaak.

Mohammad Amir (26), wat tans in die toetsreeks teen die Proteas speel, keer terug tot Pakistan se ODI-span.

Amir is uit die ODI-span weggelaat omdat hy in sy vorige vyf ODI’s nie ’n enkele paaltjie geneem het nie.

Laaste

Hy is daarna nie vir Paki­stan se vorige ODI-reeks, dié teen Nieu-Seeland, oorweeg nie.

Asad Shafiq, Ashar Ali, Haris­ Sohail, Mohammad Abbas en Yasir Shah keer ná die laaste toets teen die Proteas in Johannesburg almal terug huis toe.

Hulle word vervang deur Mohammad Hafeez, Shoaib Malik, Hussain Talat, Usman Shinwari en Imad Wasim vir die ODI-reeks.

Die derde en laaste toets tussen Suid-Afrika en Paki­stan begin môre.

  • Die voormalige Protea-speler Albie Morkel het gister bekend gemaak hy tree uit alle weergawes van die spel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters