14 dae gelede
Osaka nou 3de beste in wêreld
Naomi Osaka  ~ Getty Images

DIE Japanse tennisspeler Naomi Osaka het haar posisie op die wêreldranglys verbeter nadat sy Saterdag haar tweede Amerikaanse Ope-titel gewen het.

Osaka is nou derde luidens die nuutste ranglys. Sy spog nou met drie Grand Slam-titels. Sy het ook al die Australiese Ope (verlede jaar) gewen.

Besluit

Die 22-jarige speler het die veteraan Victoria Azarenka in ’n opwindende eindstryd geklop om die titel in New York City te wen.

Ashleigh Barty, wat besluit het om nie aan die Amerikaanse Ope deel te neem nie, is steeds die eerste gekeurde op die WTA (beheerliggaam vir vrouetennis) se ranglys.

Simona Halep hou ook aan haar tweede plek op die ranglys vas.

Intussen het Azarenka ’n groot sprong op die wêreldranglys gemaak.

Uitgeskakel

Sy het die Amerikaanse Ope op 59ste op die ranglys betree en is nou 14de op die jongste weergawe.

Azarenka het vir die eerste keer in sewe jaar die eindstryd van ’n Grand Slam gehaal.

Amerika se Jennifer Brady, wat dit tot die halfeind gemaak het, waar sy deur Osaka geklop is, het met 16 plekke geklim en lê nou 25ste op die ranglys.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters