7 dae gelede
Orie storm saam
Marvin Orie  ~ Gallo Images

DIE voormalige Lions-slot Marvin Orie gaan later vandeesmaand vir die Stormers uitdraf.

Son se rugbyskrywer, Adnaan Mohamed, het al drie weke gelede onthul dié Springbok-slot en Kaapse boorling was besig om met WP Rugby te onderhandel oor ’n nuwe rugbytuiste.

Orie het besluit om nie ’n nuwe aanbod van die Lions te aanvaar nie.

Hy was na bewering nie gelukkig met die bepalings van die nuwe aanbod wat hy gemaak is nie.

Hy keer dus terug na die provinsie waar hy sy rugby geleer speel het.

Produk

“Ons is bly om ’n slot van Marvin se kwaliteit by ons groep te kan voeg,” sê John Dobson, die WP en Stormers se hoofafrigter.

“Hy is ’n internasionale speler wat nog altyd ’n groot bedreiging was wanneer ons teen hom gespeel het.

“Hy gaan waardevolle diepte tot ons groep toevoeg. Marvin is ’n produk van ons jeugstelsel. Dis wonderlik om hom terug te verwelkom voordat ons met ’n nuwe hoofstuk in die Kaapstad-stadion begin.”

Orie is oorgehaal om die harde werk by sy nuwe span te begin. Hy het gesê: “Ek het as ’n Stormer-ondersteuner grootgeraak en sien daarna uit om as speler hier te groei.

“Ek is omring deur kwaliteit-spelers en ’n bestuurspan van wêreldgehalte.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters