5 maande gelede
OP kry dalk ’n borg
olliepatrollie: André Rademan (OP-president) wil die Kings se naam verander.Foto: werner wippenaar  ~ 

DIE Southern Kings kry dié week dalk ’n nuwe naam én ’n nuwe borgskap.

Dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat die Cheeky Watson-era finaal afgesluit sal word wanneer die Southern Kings hernoem sal word – dalk die OP-Jumbos.

Son het betroubaar verneem dat dit na verwagting dié week bekend gemaak sal word.

Watson het die naam South­ern Kings aangeneem toe hy oorgeneem het en die unie in ’n Superrugby franchise omskep het.

Die OP was gedurende sy termyn ook bekend as die OP-Kings, maar die huidige OP-bestuur het die naam reeds weer verander na die OP-Olifante.

Die president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU), André Rademan, het al gesê die naam Kings dra te veel negatiewe konnotasies.

Rademan het gesê: “Wanneer die naam ‘Kings’ genoem word, word nie altyd goed daaroor gepraat nie.”

Onderhandel

Hy verander die naam daarom om die OP weer in ’n positiewe lig te plaas.

Ook hoekom Rademan die naam sal wil verander, is om ’n borg se onthalwe.

Rademan het vroeër vanjaar met die eienaar van die Stade Français-rugbyklub, Hans-Peter Wild, onder­handel.

Rademan sê Wild stel steeds belang en die tyd is nou ryp vir ’n naams­verandering ná een seisoen in die Pro14-kompetisie.

Dit sal heel waarskynlik Wild se prerogatief wees. Dit beteken natuurlik dat die span dalk bekend sal staan as iets soos die OP-Saints, maar ook net as Wild be­trokke raak.

Die verandering moet uiter­aard so gou moontlik gebeur met volgende seisoen se Pro14-voorbereiding wat vir die huidige span voorlê.

Die Kings se breier, Deon Davids, sal glo binnekort die name bekend maak van spelers met wie hy vir die komende seisoen sal voorberei.

Niks is gesê oor nuwe aanwinste nie, maar Davids kort sommer heelwat versterkings.

Sarel Pretorius (Dragons, skrumskakel) is die enigste aanwins tot dusver.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters