5 maande gelede
Oos-Londen reg vir jong talent in Diski Challenge
FEES IN OOS-LONDEN: Die Diski Challenge kom Mdantsane toe. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIS weer tyd vir die jong talent in die PSL om hulle skills in die Diski Challenge in Oos-Londen te wys.

Ná ’n suksesvolle eerste helfte van die MultiChoice Diski Challenge sal die reeks dié naweek ’n welkome terugkeer na Mdantsane net buite Oos-Londen maak.

Die Diski Challenge word môre en Sondag in die Sisa Duka­she-stadion gespeel.

Die hekke sal op albei dae reeds 08:00 geopen word.

Dit is al die tweede keer dat Mdantsane ’n geleentheid kry om die gasheer van die reeks te wees.

Dit is in November 2016 die eerste keer in Mdantsane gehou.

Toegang tot die stadion is gratis, maar kaartjies sal aan die fans uitgereik word vir toegangsbeheer.

Kaartjies kan vandag nog tussen 13:00 en 18:00 by die stadion se kaartjieskantoor afgehaal word.

Dit sal ook beskikbaar wees by die aktiveringspunte in en om Mdantsane.

Die spanne wat aan die reeks deelneem, is Cape Town City, Mamelodi Sundowns, Baroka FC, Kaizer Chiefs, Wits, Polokwane City, Chippa United en Orlando Pirates.

Cape Town City, wat met 22 punte die voorloper is, speel môre 10:00 teen Mamelodi Sundowns.

Pak

Baroka FC en Kaizer Chiefs se game begin 12:00.

Wits en Polokwane City speel Sondag 10:00 in die eerste wedstryd van die dag.

Chippa United sal Orlando Pirates dan 12:00 pak.

  • Ál die Diski Challenge-wedstryde sal regstreeks op SuperSport 4 (DStv-kanaal 204) en SuperSport 10 (DStv-kanaal 210) en op sommige gemeenskaps-TV-kanale op DStv uitgesaai word.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters