9 dae gelede
Ondersoek is amper klaar
AndrĂ© Rademan  ~ Gallo Images

DIE Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) is op soek na ’n persoon in die Loerie Blues om ook getuienis te kom gee in die interne ondersoek na vervalste invoices.

Luidens ingeligte bronne is die OPRU die afgelope drie weke al op soek na ’n Johnny Oersond.

Oudregter Lex Mpati hanteer die OPRU se ondersoek na die vervalste invoices van sowat R450 000. Sy ondersoek is na bewering byna voltooi, maar hy wil graag met Oersond gesels.

Betrokke

Volgens ingeligte bronne was Oersond in die bestuur van die Loerie Blues-rugbyklub en hy word as ’n beneficiary aangedui vir die uitbetaling van die invoice vir die huur van ’n rugbyveld vir R283 000.

Cornie Didloft, huidige afrigter van die Loerie Blues-rugbyklub, het egter aan Son gesê dat Oersond nie by die Loerie Blues betrokke is nie.

“Ek ken baie mense genaamd Johnny Oersond in die area, maar nie een van hulle is by die klub betrokke nie. Ek ken ook nie een wat ’n onderwyser is nie.”

Daar loop ook gerugte rond dat Oersond oorlede is en dat dit die rede is dat die OPRU hom nie kan opspoor nie.

“Dis baie snaaks, want hoe kan ’n onderwyser nie ’n selfoon hê nie? En dan is daar ’n ander storie dat hy glo oorlede is. Dit is baie vreemd.”

André Rademan, OPRU-president, wou nie veel bevestig in verband met hul ondersoek en hul soektog na Oersond nie.

“In dié stadium kan ek niks sê nie. Ons is wel naby daaraan om die ondersoek te voltooi, maar die regter kyk nog na ’n paar dinge.”

Tot dusver het Bantwini Matika (voormalige adjunkpresident), John Scheepers (voormalige bestuurder van klubrugby), Angelo Peters (voormalige administrateur van klubverwante sake) en Chico Februarie (visepresident) hul kant van die sage aan Mpati gestel.

Matika, Scheepers en Peters het uit hul posisie bedank. Februarie is tans voorlopig gekors nadat hy geweier het om te bedank.

Februarie voer aan hy is gedreig om te bedank, maar geen konkrete bewyse hiervan is al voorgelê nie.

Shaheed Patel, voormalige voorsitter van die OPRU se finansieringskomitee, het ook in die invoice-saak kom getuig.

Sy getuienis kan na bewering beslissend wees in die lot van Februarie, Matika, Peters en Scheepers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters