9 dae gelede
Ombudsman: Verskoning nie vereiste
boland,rugby
Die artikel op 13 Maart met die opskrif “?‘Spioene’ in Boland”.  ~ 

OP 13 Maart het Son ’n artikel met die opskrif “‘Spioene’ in Boland” geplaas. Die Boland Rugbyunie (BRU) het verskeie klagtes oor dié berig by die ombudsman ingedien.

Die ombudsman het in sy bevindings beslis: “Die feit dat die koerant nie kommentaar by die BRU gekry het nie, verbreek Art. 1.8 van die Perskode, wat lees: “Die media moet, waar moontlik, die mening van die persoon oor wie krities verslag gedoen word vóór publikasie bekom, tensy hulle verhinder kan word om verslag te doen, of getuienis vernietig kan word, of bronne geïntimideer kan word. So ’n persoon moet ’n redelike tyd gegun word om te reageer; indien nie in staat om kommentaar te kry nie, moet dit so gestel word.” 

Son het in sy repliek op die BRU se klagte aangevoer dat daar al verskeie kere met Pekeur kontak probeer maak is en dat Pekeur verskeie kere geweier het om met die media te praat. 

Die ombud se verslag wys die res van die klag van die hand.

Son word wel “berispe” omdat daar nie met die BRU kontak gemaak is nie.

Die ombudsman dui ook die versagtende omstandighede aan en bevind die koerant is nie ’n verskoning verskuldig nie. Besoek presscouncil.­org.za vir die volledige bevinding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters