3 dae gelede
Ole vra vir meer risks van spelers
Ole Gunnar Solskjaer  ~ Getty Images

OLE Gunnar Solskjær, bestuurder van Manchester United, verwag dat sy spelers meer risiko’s neem.

Solskjær is oortuig dít sal die Red Devils se kreatiewe probleme op die aanval oplos.

Dis geen geheim dat United erg sukkel om spanne af te kraak en te penetreer nie. United het in net drie wedstryde hierdie seisoen meer as een doel aange­teken.

Wen

United verwelkom die span van Bright­on Sondag op Old Trafford.

Solskjær verwag hulle sal weer op die wenpad kom ná laas week se nederlaag teen Bournemouth.

“Jy moet doele aanteken om wedstryde te wen,” sê Solskjær.

“Ek is seker Anthony Martial en Marcus Rashford sal onder die scorers wees.

“Maar die hele span moet help om meer kanse te skep. Dis belangrik dat ons ons express. Noem dit maar om minder bang te wees en sonder vrees te speel, en meer risiko’s te neem. Soms moet jy moeilike maar positiewe besluite neem.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters