Verlede maand
Oemf nog nie uit
REGUIT LINKER: Roy Jones tref Mike Tyson skrams teen die kop.  ~ Getty Images

DIS die stryd van die ou omies.

Só word verwys na Saterdagaand se vertoonboksgeveg in Los Angeles waar die 54-jarige Mike Tyson en Roy Jones jr. (51) ná agt rondes gelykop geboks het.

Die twee voormalige wêreldkampioene het vir liefdadigheid na die kryt teruggekeer.

Die twee het nog heelwat vernuf ten toon gestel.

Dit was Tyson se eerste geveg sedert 2005 en Jones se eerste sedert 2018.

Die California State Athletic Commission het bepaal dat die rondes elk twee minute sou wees en nie die normale drie nie.

Tyson het egter gesê van die rondes het vir hom soos drie minute gevoel.

“Ek is net bly ek het hierdie geveg agter die rug.

“Nou sien ek uit na die volgende een,” het Tyson gesê.

Die drie nie-amptelike beoordelaars was al drie voormalige WBC-kampioene.

Hoewel Tyson die botoon gevoer het, was hy tevrede met die uitslag.

“Ja, ek kla nie. Solank die fans dit geniet het,” het hy ná die geveg gesê.

Jones, wat erken het dat Tyson hom met sy lyfhoue seergemaak het, het moeg voorgekom.

Hy was egter nie tevrede met die uitslag nie.

“Ek boks nie vir ’n gelykop uitslag nie.

“Ek boks om te wén,” het Jones gesê. – AFP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters