2 maande gelede
Oë op City se Lakay
fagrie lakayFoto: GALLO IMAGES  ~ 

FAGRIE Lakay se rekord as die jongste speler in die geskiedenis van Bafana Bafana is beslis g’n fluke of toeval nie.

Lakay, wat onlangs as ’n vrye agent by Cape Town City aangesluit het, het destyds reeds gewys hy beskik oor al die bestanddele om van die land en veral die Kaap se beste exports te word – ná spelers soos Benni McCarthy, Shaun Bartlett en Steven Pienaar.

Misgekyk

As Lakay so goed was om vir Suid-Afrika gekies te word op so ’n jong ouderdom, wat het dan daarna van sy talente geword?

Het hy skielik swak geword en is dit waarom hy telkens misgekyk is?

Om ’n lang storie kort te maak, val Lakay soos talle belowende Kaapse talente behoorlik deur die krake.

Maar die 22-jarige boorling van Manenberg het uitgewys hy kan nie die verlede verander nie.

Lakay meen sy toekoms en fokus is nou op die Citizens in sy tuisstad.

“Eerstens moet ek sê dis goed om terug by die huis te wees,” het Lakay eksklusief aan Son gesê.

“Ek het reeds talle goeie boodskappe ontvang van vriende en die fans van CT City ook.

“Dit laat jou nogal goed voel. My spanmaats was baie welcoming en het my ook laat tuis voel.

“Maar dis ook seker omdat ek reeds bevriend is met baie van hulle.

“Persoonlik het ek ook goed ingesettle,” het Lakay, wat sy tande destyds by Santos geslyp het, gesê.

City se eienaar, John Comitis, het Lakay as ’n direkte replacement vir Gift Links aangekoop. Links het na Aarhus Gymnastikforening in Denemarke geskuif.

Lakay sal sake moet uitspook met wingers soos Craig Martin, Riyaad Norodien en Surprise Ralani.

En as City se afrigter, McCarthy, gedagtes het om Lakay op sy gunstelingposisie, nommer 9, te laat speel, sal Lakay met spelers soos Kermit Erasmus en Chris David moet battle vir ’n plek in die beginspan.

Lakay is ook bewus hiervan en het uitgewys hy het altyd City se gehaltespelers bewonder en die manier waarop hulle speel.

“Dit gaan ook ’n eer wees om met ’n coach soos Benni McCarthy te werk,” verduidelik Lakay verder.

“Hier is ’n lekker spirit by die klub.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters