14 dae gelede
Nuweling begin vir Kings
SWANSEA, WALES - NOVEMBER 09:  Bobby de Wee of Sou
Bobby de Wee dra die bal sterk in 'n Pro14-wedstryd teen Munster.  ~ Gallo Images

DIE Southern Kings kweek 'n nuwe jong ster wanneer Edmund Ludick vandag in Cork in Ierland op Musgarave Park sy Southern Kings buiging maak in 'n Pro14-wedstryd teen Munster.

Luyolo Dapula kan ook sy debut van die bank vir die Baaiernaars maak.

Die veelsydige 21-jarige Ludick vervang die beseerde Yaw Penxe op vleuel, met Dapula (ook 21) wat dekking bied vir die losvoorspeler posisie.

Een van die spelers wat die Kings nou al vir n geruime tyd verteenwoordig, Ruaan Lerm (agsteman) gaan vir die 50ste keer vir die Baaise franchise uitdraf.

Die Franchise kaptein, JC Astle, is ook terug in die beginspan.

“Dit lyk na nogal n baie spesiale wedstryd vir die span veral met die nuwelinge en Lerm wat sy 50ste wedstryd speel,” het Astle gesê.

“Die span lyk goed met die nuwe spelers  en die res is almal gretig om weer n oorwinning op te tel.”

Nog veranderinge aan die Kings se span sluit in die losvoorspelers Lusanda Badiyana en Bobby de Wee, wat weer van die begin in aksie en vorm 'n belowende lostrio saam met Lerm.

Die Kings span is: Andell Loubser, Christopher Hollis, Sibusiso Sithole, Erich Cronje, Edmund Ludick, Demetri Catrakilis, Stefan Ungerer,  Ruaan Lerm, Bobby de Wee, Lusanda Badiyana, JC Astle (C), Jerry Sexton, Rossouw de Klerk, Jacques du Toit, Schalk Ferreira. BANK: Alandre van Rooyen, Xandre Vos, Ignatius Prinsloo, Aston Fortuin, Thembelani Bholi, Luyolo Dapula, Josh Allderman, Courtney Winnaar.

Munster span is: Mike Haley, Calvin Nash, Chris Farrell, Dan Goggin, Shane Daly, JJ Hanrahan, Neil Cronin; James Cronin, Niall Scannell, John Ryan; Fineen Wycherley, Billy Holland (k), Jack O’Donoghue, John Hodnett, Arno Botha. BANK: Kevin O’Byrne, Jeremy Loughman, Keynan Knox, Gavin Coombes, Chris Cloete, Nick McCarthy, Ben Healy, Rory Scannell.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters