6 dae gelede
Nuwe trui, nommer wag vir Sané
Leroy Sané  ~ Getty Images

BAYERN Munich is só oortuig hy sal Leroy Sané se dienste opraap dat die Duitse reus hom selfs die nr. 10-trui vir volgende seisoen aanbied.

Dit volg nadat berigte in Duitsland aangedui het die winger van Manchester City gaan na sy geboorteland terugkeer om sy loopbaan by die span van Beiere in die Bundesliga voort te sit.

Die Nederlander Arjen Robben het die nr. 10-trui vir meer as ’n dekade gedra voordat hy uitgetree het.

Die trui word tans gedra deur die Brasiliaan Philippe Coutinho.

Ooreenkoms

Sané se aanvanklike skuif na die Bavarians in Augustus 2019 is gekniehalter toe die woelwater-vleuel ’n knie­besering opgedoen het in die Community Shield-wedstryd teen Liverpool.

Sport Bild berig dat City en Bayern intussen ’n ooreenkoms bereik het.

Sané het een jaar oor op sy kontrak. Boonop is hy só gretig vir die skuif na Bayern dat hy bereid is om ’n pay cut van 30% te vat.

Die Bundesliga is tans die enigste topliga in die wêreld wat weer sy sokkerveldtog hervat het te midde van die Covid-19-pandemie. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters