7 dae gelede
Nuwe PSDT deal amper vas
Pieter-Steph du Toit  ~ Gallo Images

PIETER-STEPH du Toit se kontrak-sage met die Westelike Provinsie en die Stormers is sowat 90% uitgesort.

Volgens John Dobson, afrigter van die Stormers, is hulle tans kliphard besig om saam met die Springbok-flank oor sy kontrak te onderhandel. Dobson is egter oortuig daarvan dat Wêreldrugby se speler van die jaar in die Kaap gaan aanbly.

Dobson het gister aan Son oor Du Toit se kontrak gesê: “Ons is nog nie heeltemal oor die lyn nie. Dit is tans baie tegnies.

“Hopelik kan ons dit binne die volgende 24 uur uitsort. Hy wil baie graag bly.

Gerugte

“Dis maar net ’n paar tegniese goed wat uitgeklaar moet word. Jy kan sê ons is sowat 90% seker dat hy in die Kaap gaan bly.”

Onsekerheid oor die toekoms van die 27-jarige het laas Donderdag ontstaan toe hy sy kontrak met die Westelike Provinsie en die Stormers beëindig het.

Gerugte het die ronde gedoen dat Du Toit ’n groot aanbod van Frankryk ontvang het terwyl daar ook belangstelling van Japan was.

Die situasie is daardeur vererger dat hy sy kontrak by die Stormers verlaat het met die doel om ’n nuwe een te onderteken.

Die Stormers se bestuur probeer sedert Vrydag om ’n nuwe ooreenkoms met Du Toit te onderhandel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters