Verlede maand
Nuwe darts/gholf-event op tafel
Lennie Thomas  ~ Foto Verskaf

’N SPLINTERNUWE darts-toernooi, wat op gholf geskoei is, word tans oorweeg.

Lennie Thomas, die jare lange plaaslike organiseerder, sê hy het dié spel sowat ’n dekade gelede by die Groote Schuur-hospitaal in die Administration Sports Union-liga bekendgestel.

Hy sê die spelers speel 18 501-bene wat ’n ronde sal maak. Hulle beweeg ná een voltooide been na die volgende bord. Sodra die “baan” van 18 borde voltooi is, sal die spelers wat die meeste pyltjies gebruik het, gesny word. Gewoonlik word die veld ná afloop van die eerste ronde gehalveer.

Die boonste helfte se spelers ding in ronde 2 mee. Spelers wat die minste pyltjies vir die 36 bene gebruik, word as die wenner verklaar.

Proses

Thomas hoop om sommer gou uitsluitsel oor sy voorstel te kry.

Volgens Thomas werk die proses só: Par = 18 darts; 9 (-9) = Peacock; 10 (-8) = Hawk; 11 (-7) = Flamingo; 12 (-6) = Kookabura; 13 (-5) = Vulture; 14 (-4) = Falcon; 15 (-3) = Albatross; 16 (-2) = Eagle; 17 (-1) = Birdie; 18 = Par; 19 (+1) = Bogey.

Die spel kan ook in drie formate gespeel word – stroke­ play, match pay en handicap stroke play.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters