3 maande gelede
Nuwe bloed vir Proteas
skerp: Senuran Muthusamy is een van drie nuwelinge in die Proteas se groep toetsspelers.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

ANRICH Nortjé (snelbouler), Rudi Second (paaltjiewagter) en Senuran Muthusamy (draaibouler) is by die Pro­teas se groep toetsspelers ingesluit.

Dit is gister bekend gemaak. Dis vir die reeks van drie toetse wat Suid-Afrika in Oktober teen Indië sal speel.

Daar is ook drie nuwelinge in die groep T20-spelers vir die reeks van drie wedstryde. Hulle is Temba Bavuma (kolwer), Bjorn Fortuin (draaibouler) en Nortjé.

Quinton de Kock sal die kaptein van die T20-groep wees en Rassie van der Dussen die onderkaptein. In die toetse sal Temba Bavuma die onderkaptein vir Faf du Plessis wees.

Aiden Markram, Theunis de Bruyn en Lungi Ngidi is nie oorweeg vir die T20-reeks nie. Hulle sal voorberei vir die toetsreeks deur vir SA A teen Indië A te speel.

Gedek

Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket, Corrie van Zyl, sê in ’n verklaring: “Al drie nuwelinge in die toetsspan verdien hulle plekke ná indrukwekkende vertonings in die franchises se vierdaagse kompetisie die afgelope seisoen.

“Ons voel ons het alle opsies gedek vir toestande op die subkontinent. Senuran Muthusamy en Dane Piedt het verreweg die meeste paaltjies in die vierdaagse kompetisie laat kantel. Hulle het as backup gedien vir Keshav Maharaj.

“Zubayr Hamza het sy toetsloopbaan indrukwekkend begin teen Pakistan toe Faf du Plessis afwesig was. Hashim Amla se uittrede bied Hamza ’n geleentheid.

“Die T20-reeks gee ons ’n laaste kans om ons leierskaps- en kolf-opsies te oorweeg. Die T20 World Cup begin oor net meer as ’n jaar. Dís waarom ons ’n onervare groep leiers gekies het.

“Faf du Plessis bly ’n belangrike deel van ons planne met witbal-krieket.”

  • Die groep toetsspelers is:

Faf du Plessis (k), Temba Bavuma (o/k), Theunis de Bruyn, Quinton de Kock, Dean­ Elgar, Zubayr Hamza, Keshav Maharaj, Aiden Markram, Senuran Muthusamy, Lungi Ngidi, Anrich Nortje, Vernon Philander, Dane Piedt, Kagiso Rabada, Rudi Second.

Die groep T20-spelers is:

Quinton de Kock (k), Rassie van der Dussen (o/k), Temba Bavuma, Junior Dala, Bjorn Fortuin, Beuran Hendricks, Reeza Hendricks, David Miller, Anrich Nortje, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Jon-Jon Smuts.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters