Verlede maand
Nog tier in tenk?
Tiger Woods  ~ Getty Images

GROOT onsekerheid heers oor of die 15-malige wenner van gholf se Major-toernooie, Tiger Woods (45), dié sportsoort ooit weer sal kan beoefen.

Woods was Dinsdag in die suide van Kalifornië in ’n motorongeluk betrokke.

Dit lyk of Woods beheer verloor het oor die voertuig wat hy bestuur het.

Sy bene is in die ongeluk gebreek en hy moes lang operasies aan sy regterbeen en -enkel ondergaan. Die tibia en fibula – die twee bene onder die knie – is met ’n staf, skroewe en penne gestabiliseer.

Die sheriff se kantoor in die distrik Los Angeles het geen bewyse gevind dat die ongeluk gebeur het omdat Woods onder die invloed van alkohol of dwelms was nie.

Woods was op pad vanaf ’n geleentheid by die Riviera Country Club waar hy gasheer was vir die Genesis Invitational-toernooi.

Paramedici wat hulle na die ongelukstoneel gehaas het, moes Woods uit sy motor sny. Hy het geen ander be­serings as dié aan sy bene opgedoen nie. Hy herstel goed en is by sy volle bewussyn.

Die groot vraag bly egter hoe lank dit Woods gaan neem om te herstel en of hy ooit weer sal kan gholf speel.

Vroeër moes hy reeds weens rugprobleme verskeie operasies ondergaan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters