5 maande gelede
Nóg 'n droomskuif vir SA se Percy Tau
bafana
Percy Tau in aksie vir Club Brugge.  ~ Gallo Images

BENEWENS sy talente en kreatiwiteit as ‘n sokkerspeler, is hy goed bekend met die stad en die liga.

Só sê Anderlecht se direkteur van sport, Peter Verbeke, nadat hulle die 26-jarige Bafana Bafana-vleuel Percy Tau se dienste bekom het.

Tau, wat op die boeke is van Brighton Hove and Albion, word vir die 2020-21-seisoen aan die 34-malige Belgiese kampioen uitgeleen.

Die skuif volg kort nadat Tau se leenkontrak met Anderlecht se aartsvyand, Club Brugge tot ‘n einde gekom het.

Tau het ‘n groot impak gehad by Brugge met drie doele en vier assists oppad na die klub se liga-titel die seisoen.

"Hy is baie kreatief, tegnies sterk, en 'n baie vinnige en ratsige speler,” verduidelik Verbeke.

“Hy kan ook in verskeie aanvallende posisies speel.  Hy het reeds bewys hoe doeltreffend en beslissend hy kan wees. Weens 'n gebrek aan voorbereiding moet ons hom net 'n bietjie tyd gee, maar hy kan belangrik wees vir ons.

“Ons is gelukkig om sy dienste te bekom, want hy sal beslis waarde tot ons groep toevoeg,” het Verbeke bygevoeg. - AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters