12 dae gelede
Neymar nou tweede van bo
Neymar.  ~ Getty Images

NEYMAR is nou amptelik Brasilië se tweede voorste doelevraat.

Hy het Dinsdag ’n driekuns aan doele behaal in Brasilië se sege van 4-2 oor Peru in ’n kwalifiseringstryd vir 2022 se Wêreldbekertoernooi.

Neymar het met sy driekuns vir Ronaldo verbygesteek as sy land se tweede voorste doelevraat met 64.

Ronaldo spog met 62 doele vir Brasilië.

Neymar kort nou 13 om met die grootste Brasiliaanse legende, Pelé, gelyk te trek.

Pelé het 77 doele vir die viermalige Wêreldbekerkampioen aangeteken.

Dinsdag se oorwinning het ook verseker dat Brasilië sy onoorwonne veldtog in die kwalifiserende ronde van die WB-toernooi voortsit.

Richarlison, wat sy klubsokker vir die Engelse Premier­liga-span Everton speel, het ook ’n doel vir Brasilië aangeteken.

Die enigste juweel wat Neymar nie kon wen nie, is ’n WB-titel. Maar die legendariese Brasiliaanse doelwagter Cláudio Taffarel glo Neymar kan die Seleciao tot hul eerste titel sedert 2002 lei.

“Hy is belangrik vir ons. Ons hoop hy gaan op sy beste wees en Brasilië die WB help wen,” het Taffarel gesê. – the­sun.co.uk

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters