2 maande gelede
Netbal-WB: Stad gereed, meen mayor
OPGEWONDE: Dan Plato, burgemeester van die Stad Kaapstad, en Bongi Msomi, kaptein van die Proteas.  ~ Reg Caldecott

DAN Plato, die uitvoerende burgemeester van Kaapstad, sê die Moederstad is gereed om spanne van oral in die wêreld in 2023 by die Netball World Cup te verwelkom.

“Suid-Afrika se ekonomie het ’n knou gekry as gevolg van Covid-19,” het Plato gister in ’n verklaring gesê.

“Die aanbieding van die Netball World Cup sal die hotelsektor en die toerismesektor ’n hupstoot gee.

“Die Netball World Cup in 2023 gee nuwe energie aan dié sektore en stimuleer die ekonomie in sy geheel. Dit sal ook werkgeleenthede in die hele Suid-Afrika skep.”

Sterk

Plato verduidelik die Spar Challenge-Drienasiesreeks waarby Suid-Afrika, Uganda en Namibië betrokke is en wat tans in Kaapstad plaasvind, is ’n belangrike deel van die voorbereiding vir netbal se Wêreldbekertoernooi.

“Ons is bly om ander Afrikalande te huisves en die wêreld te wys Suid-Afrika staan baie sterk agter netbal.”

Hy’t ’n beroep op Kapenaars en Suid-Afrikaners in die geheel gedoen om netbal se Wêreldbekertoernooi te ondersteun.

Verlede week met die opening van die Spar Challenge-toernooi, het die adjunkminister van sport, Nocawe Mafu, gesê die Suid-Afrikaanse regering het die begroting vir 2023 se Wêreldbeker-netbaltoernooi goedgekeur.

Die Spar Challenge-Drienasiestoernooi duur tot môre voort in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters