2 maande gelede
Netbal SA help lig op GBV werp
Bongi Msomi  ~ Reg Caldecott

PRES. Cyril Ramaphosa beskryf die plaag van gendergeweld (GBV) as ’n tweede pandemie in Suid-Afrika.

Spar en Netbal Suid-Afrika (NSA) het hul gewig agter die veldtog gegooi om GBV in die land te bestry.

Die veldtog behels om bewustheid van GBV te skep, berading vir slagoffers te gee en die doeltreffendheid van die regeringsteun te verbeter. Bongi Msomi, kaptein van die Protea-netbalspan, is baie uitgesproke hieroor.

Keer

Sy gebruik haar veldtog, waarin sy sanitêre produkte aan minderbevoorregte meisies en vroue versprei, om die boodskap oor te dra.

“Dwarsdeur die land word vroue en meisies op alle vlakke van die samelewing fisiek, seksueel en geestelik mishandel. Ons moet keer dat ons vroue vermoor en beseer word,” sê sy.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters