10 dae gelede
Net 16 en reeds top
SLYP: Wiaan Martin berei in De Doorns voor vir die SA’s.  ~ Foto Verskaf

’N JONG atleet van De Doorns laat nie toe dat ’n gebrek aan geriewe in sy pad staan om sy drome na te streef nie.

Die 16-jarige Wiaan Martin is ’n belowende naelloper wat volgende week aan die SA Kampioenskapsbyeenkoms in die Daljosaphat-stadion in die Paarl deelneem.

Hy gaan aan die 200 m vir o. 18’s deelneem. Hy het ook vir die 100 en 400 gekwalifiseer, maar weens Covid-protokol het administrateurs besluit atlete neem net deel aan die items waarin hulle die beste kans staan om ’n medalje te wen.

Japie Booysen, Wiaan se afrigter, vertel aan Son: “Hy skop al sedert gr. 1 stof in ál sy teenstanders in die Vallei se oë. Hy luister aandagtig en is pligsgetrou. Ons werk al sedert 2016 aan en af saam en ek het hoë verwagtinge van hom.”

Booysen het twee weke terug nuwe toerusting aangekoop wat ál Booysen se atlete sal help met hul voorbereiding.

“Ek het spoedapparaat gekoop en hy sê juis hy kan reeds die verskil voel. So, hopelik is hy volgende week op sy heel beste.”

So, wat is die verwagtinge van Martin in die SA’s?

Verwagtinge

“Kyk, hy het baie potensiaal,” laat hoor Booysen. “As hy deur die uitdunne en die semifinaal kan kom, kan enigiets in die finale wedloop gebeur. Ek dink ons sal baie tevrede wees met ’n plek in die final. ’n Mens moet ook onthou hy is maar nog net 16 en sal mettertyd beter en vinniger word.

“Sy ouers, Willem en Margaret, het ook hoë verwagtinge vir hom.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters