13 dae gelede
Nel, Sage reg vir sewes in Dubai
SAN FRANCISCO, CA - JULY 22: Ruhan Nel #12 of Sout
Ruhan Nel  ~ Getty Images

Ruhan Nel en Dylan Sage het nuwe respek vir wat dit beteken om 'n Springbok sewesrugbyspeler te wees. 

Dié twee ervare Blitsbokke sal die naweek weer die groen-en-goud oor hul koppe trek in die Wêreldreeks se eerste toernooi van die 2019/'20-seisoen in Dubai. 

Die Dubai-toernooi spog met 'n nuwe formaat en sal oor drie dae (Donderdag, Vrydag en Saterdag) beslis word. Dit val in lyn met die formaat wat vir volgende jaar se Olimpiese Spele-toernooi in Tokio in Japan gebruik sal word.  

Die Blitsbokke kom Donderdag teen Kenia te staan.

Vrydag speel die Blitsbokke in hul oorblywende twee wedstryde in Groep D teen Spanje en Engeland.   

Die uitspeelrondes word Saterdag beslis. 

Volgens Sage, wat die jaar meer vyftienmanrugby saam met die Blou Bulle gespeel het, was sy leef omtrent seer ná hy weer vir oefeninge met die Blitsbokke in Stellenbosch aangesluit het. 

"Op 'n manier was dit soos 'n nuwe begin vir my om weer sewes te speel, nie dat ek omgegee het nie, maar die dinamika het beslis verander en is meer uitdagend. My lyf was vir 'n hele paar weke nog seer, maar ek het dit geniet om weer terug te wees, het Sage gesê. 

Nel, wat die jaar vir die Stormers (Superrugby) en Westelike Provinsie (Currie Cup) in vyftiens uitgedraf het, sê hy het dit ook moeilik gevind om weer aan die fynere kunsies van sewesrugby gewoond te raak. 

Volgens Nel is die Blitsbokke nou 'n meer ervare span as wat die geval was toe hy die sisteem in Januarie die jaar verlaat het. 

"Die jonger ouens het toe die kans gekry om meer te speel en ervaring op te bou,"' het Nel verduidelik. 

"Hulle het beslis voordeel daaruit getrek. Ons spog met 'n baie kompeterende groep en mens kan maar net na sommige van die name gaan kyk in die Akademiespan. Jy sal gou besef hoeveel diepte daar deur coach Neil Powell gebou is."  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters