2 maande gelede
‘Nee’ vir Bokke teen Leeus in Oz
Warren Gatland  ~ Getty Images

DIE Britse en Ierse Leeus se raad het Australië se aanbod van die hand gewys om dié span se toer in die somer aan te bied.

Warren Gatland, afrigter, se Leeus is veronderstel om Suid-Afrika in Julie en Augustus te besoek vir ’n reeks van drie toetse teen die Wêreldkampioen.

Rugby Australië het in Januarie aangebied om die reeks aan te bied – met die belofte van skares toeskouers by die toetswedstryde.

Maar ná ’n vergadering Vrydag het die Leeus-bestuur dié voorstel as onwerkbaar verklaar. Die bestuur sal later dié maand sy finale besluit maak.

Ander voorstelle is om die toetse in die VK en Ierland te speel. Die Leeus kan dalk nog na Suid-Afrika toer, maar dan moet stryde agter geslote hekke of met beperkte toeskouers plaasvind.

Die toer kan ook eers in 2022 plaasvind ás hulle dit nie heeltemal kanselleer nie.

Die voorloper onder dié opsies is na bewering ’n reeks agter geslote hekke teen die Springbokke in SA.

Die Leeus-toer is veronderstel om op 3 Julie af te skop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters