Verlede maand
Nebraas bo
NAELBYTSEGE: Nebraas (25-11, Lyle Hewitson) wen Saterdag op Greyville die gewilde Gold Cup oor 3 200 m net-net met Silver Host (4-1, Richard Fourie) in die tweede plek. Out Of Your League (25-2) was derde en Before Noon (20-1) vierde.  ~ Candiese Lenferna

DIE Gold Cup-wedren oor 3 200 m het die wedrenseisoen Saterdag op Greyville op ’n hoogtepunt afgesluit.

Son se wenkeuse, Nebraas (25-11), het oor die laaste 200 m alles in die stryd gewerp om met ’n kwart lengte voor Silver Host (4-1) te eindig.

Nebraas is deur Lyle Hewitson vir die Sean Tarry-stal gery, terwyl Richard Fourie die Justin Snaith-stal met die naaswenner verteenwoordig het.

Die groot teleurstelling op die dag was dat die skitterende Summer Pudding in die tiende en laaste wedren onttrek is.

In sy afwesigheid het She’s A Keeper ’n maklike sege van vier lengtes behaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters