2 maande gelede
’n Tameletjie vir Gibson
in of uit? Keshav Maharaj se posisie sal ter sprake kom.Foto: gallo images  ~ 

ONVERWAGS baie kopkrap lê voor vir die keurders van die Suid-Afrikaanse krieketspan.

Dis om die spelers vir die eerste toets teen Sri Lanka op Kingsmead in Durban te kies.

Nadat die Proteas Paki­stan onlangs baie maklik met 3-0 getroef het, sou ’n mens dink die beginspan sal on­veranderd bly.

Die span kan egter effens anders lyk wanneer die eerste toets Woensdag begin.

Terugkeer

Faf du Plessis het die laaste toets teen Pakistan misgeloop omdat hy geskors was. Dit was omdat hy ’n te stadige boul­tempo in die vorige toets gehandhaaf het.

Hy sal as kaptein terugkeer. Óf Zubayr Hamsa óf Theunis de Bruyn sal dan as kolwer moet plek maak.

Hamsa en De Bruyn kan egter albei in die slag bly as die jong Wiaan Mulder verrassend in sy eerste toets ingespan word.

Die Proteas se afrigter, Ottis Gibson, brand om die rol van veelsydige speler in ’n toets aan Mulder toe te vertrou.

Met ’n veelsydige speler wat op ses of sewe kan kolf én kan boul, sal die span baie meer gebalanseerd wees.

Gibson moet ook besluit of hy Sri Lanka, soos teen Paki­stan, sonder ’n erkende draaier sal aanpak.

Die voormalige Protea-draaier Robin Peterson meen: “Ke­shav Maharaj sal beslis oorweeg moet word. Kingsmead is nie meer die paradys vir naatboulers wat dit was nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters