11 dae gelede
Murray: Sit Serena en Roger saam op baan
MADRID, SPAIN - NOVEMBER 20: Andy Murray of Great
Andy Murray  ~ Getty Images

TENNIS “mis ‘n truuk” omdat hy nie meer spanbyeenkomste insluit wat mans sowel as vroue op die hooftoere betrek nie, meen die driemalige Grand Slam-wenner Andy Murray gesê.

Gemengde dubbelspel word tans slegs by die vier Grand Slams van tennis se beroepsvlak gespeel.

“Ek dink sport mis ’n bietjie van hierdie truuk,” sê Murray, wat aan die Battle of the Brits-vetoonwedstryde deelneem met mans en vroulike spelers.

“Die Hopman Cup was byvoorbeeld na my mening ’n briljante event. Die spelers het dit baie geniet. Ek het al ’n hele paar keer daar gespeel en was mal daaroor,” het Murray gesê.

Die eerste ATP-beker-manskompetisie het in 2020 die Hopman Cup se Australiese Ope-opwarmingsgleuf ingeneem, maar die organiseerders het gesê dat dit sal terugkeer.

Murray het aan die Britse media gesê dit sal wonderlik wees om Serena Williams en Roger Federer, op dieselfde baan te he.

“Ons kan dit in tennis doen, en ons moet dit ’n bietjie meer omarm, nie noodwendig elke week nie, maar soms sal dit wonderlik wees.

"Ek wil graag sien dat Rafa (Nadal) op die baan is met ’n paar vroulike vroue spelers. Toe ek Roger en Serena sien speel, was dit wonderlik. Ek is seker dat hulle dit ook baie geniet.”

Murray meen daar is geleenthede vir ander sportsoorte om spel vir mans en vroue te omhels.

“Gholf is ’n ander sportsoort waar ek dink dit interessant sou wees om ’n gemengde Ryderbeker-byeenkoms te sien,” het hy verduidelik.

“Weereens is dit ’n sport waar hulle dit kan doen en hulle mis tans uit. Ek dink mense hou baie daarvan om dit te sien, en die spelers hou ook daarvan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters