5 maande gelede
Moyes klaar met Hammers
David Moyes  ~ Getty Images

DAVID Moyes het sy tasse gepak en West Ham United verlaat ná ses maande op die klub se boeke.

Die 55-jarige Moyes het  Slaven Bilic vervang op ’n korttermyn-kontrak in November 2017.

Die Skot het bo verwagtinge vertoon en die relegasiebedreigde West Ham se Premierliga-status vir volgende seisoen behou.

West Ham het nege punte buite die relegasiemoeras geëindig.

Moyes, wat voorheen Everton en Manchester United afgerig het, het nege seges en 10 gelykopuitslae ingepalm van sy 31 wedstryde as bestuurder van die Hammers, soos West Ham bekend staan.

“Toe David en sy span hier aangekom het, was die fokus net op ses maande en tot die einde van die seisoen,” het West Ham se mede-voorsitter, David Sullivan, gesê.

“Ons voel dis reg dat albei partye in hul verskillende  rigtings gaan.  Ons beoog om ’n hoogaangeslaande afrigter binne die volgende 10 dae aan te stel.” – Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters