2 maande gelede
Moyes gee dwarsklap in Ole se rigting
David Moyes  ~ Getty Images

DAVID Moyes, West Ham United se manager, is lank in die tand en weet teen dié tyd beslis goed hoe om mind games­ te speel.

Die 57-jarige Skot het besluit om die kwik te laat styg deur ’n dwarsklap te stuur in die rigting van sy Manchester United-eweknie, Ole Gunnar Solskjær.

Dít kom voor die Hammers se FA Cup-vyfde-ronde-wedstryd teen die Red Devils vandag op Old Trafford.

Die legendariese sir Alex Ferguson het Moyes gekies om hom op te volg.

Hy is egter ná net 10 maande gepos in sy kontrak van ses jaar met United.

Luukse

Moyes is nou van die opinie die enigste rede dat Solskjær ’n ommeswaai met United bewerkstellig, is aangesien die Noorweër meer tyd by United gekry het.

Die Skot voel dít is ’n luukse wat hom nie gegun is in sy tyd in Manchester nie.

“Gegewe die tyd wat hy gegee is, is hy besig om ’n gedugte en jong, opwindende span bymekaar te sit,” het Moyes uitgewys.

“Hulle het ’n paar talentvolle spelers wat deur die akademie se ranks kom.

“Dan het hulle ook ’n paar goeie spelers aangeskaf om die span meer afgerond en volmaak te maak. Ek dink hulle gaan beslis ’n force wees, maar dit is ook omdat Ole tyd gegee is.

“Dít help baie,” het Moyes bygevoeg.

Verlaat

Intussen hou Solskjær asem op oor die beskikbaarheid van sy Franse sterspeler Paul Pogba.

Hy het die veld verlaat tydens Saterdag se draw van 3-3 teen Everton. AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters