10 dae gelede
Moloi se spelers moet cope
so-so... Chippa se breier, Teboho Moloi, is spyt hulle kon Phiva nie ’n les leer nie.Foto’s: gallo images  ~ 

CHIPPA United se ­breier­, Teboho Moloi, sê hulle kon Phiva Young Stars nie wys wat hulle regtig kan verrig nie.

Dis omdat die speelvlak van die Kabokweni-stadion in Nelspruit Chippa se spelstyl belemmer het.

Die Chilli Boys het Saterdag deurgedring tot die ronde­ van die laaste 16 spanne­ van die Nedbank Cup met ’n oorwinning van 2-0 oor die Tweedeliga-span van Mpumalanga.

Ayabulela Konqobe en Linda Mntambo het die ­doele­ aangeteken.

Moloi sê egter ook dis goed dat sy span die uitdaging van die swak speelvlak gehanteer het.

“Ons het gesukkel om ons gewone spelstyl te lewer, maar dis ’n les wat my span geleer het.

“Dinge gaan nie altyd ideaal wees nie en dís ’n goeie les.”

Moloi sê hy wil steeds deelneem aan ’n Afrika-kompetisie, en voeg by: “Dié soort ding (swak speelvlak) vind ’n mens in die res van Afrika. So, hoe gouer ons aanpas, hoe beter.”

Die breier sê net harde werk sal hulle in die Cup hou: “Ons weet almal die mededinging raak net ál strawwer met elke ronde.

“Die spelers weet wat dit verg.”

Chippa moet egter nou tot Donderdag wag om uit te vind wie sy volgende teenstander in die Cup sal wees.

Die Chilli Boys se volgende wedstryd in die Premier-sokkerliga (PSL) is egter Sater­dag teen Baroka FC.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters