13 dae gelede
Moeilike aand eindig met verloor
Gregory Damonse
Die plaasvervanger Gregory Damonse was die lig in die tonnel vir Chippa United.  ~ Gallo Images

DIT was weer nie 'n goeie aand vir die Chilli Boys in die Nelson Mandelabaai-stadion nie.

Dit nadat Kaizer Chiefs vir Chippa United Woensdagaand met 2-0 in 'n baie opwindende wedstryd geklop het.

Chippa het kanse gehad om moontlik die voorsprong te neem teen Kaizer Chiefs in die twee se Premierliga-kragmeting, maar daar was net nie genoeg kalmte voor die doelhok nie.

Die Amakhosi-ster Dumisani Zuma het wel die afrondingsvaardighede getoon wat die Chilli Boys nie gehad het nie.

Zuma het twee doele aangeteken vir Chiefs en verstewig die Amakhosi se posisie bo-aan die punteleer.

Die Chilli Boys het 'n aand beleef waar hulle al drie hul plaasvervangers voor rustyd moes gebruik. Die doelwagter Patrick Tignyemb het ook vreeslik gesukkel om die eerste helfte te voltooi.

Die nederlaag beteken Chippa is nou sonder 'n oorwinning in 10 wedstryde.

Die enigste goeie ding van die wedstryd was Gregory Damons se vertoning nadat hy as plaasvervanger opgekom het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters