6 dae gelede
Mitchell sê Mike moet boks net los
BRING DIE JACK: Mike Tyson is pap tyres.  ~ World Boxing News

MIKE Tyson se laaste geveg was die grootste vernedering van sy loopbaan.

Toe hy op 11 Junie 2005 in Washington teen Kevin McBride die handdoek ingegooi het, is hy verneder.

Toe hy die kryt verlaat, het die skare hom luidkeels uitgejou.

En asof dit nie genoeg was nie, het Tyson se afrigter in ’n vuisgeveg met toeskouers betrokke gewees.

Tyson het teen die toue gesit met ’n teken van ’n nederlaag duidelik in sy oë te sien.

Hy was lank die wêreld se mees gevreesde bokser, maar op die krytvloer on Washington het hy na ’n hopelose bondeltjie gelyk.

Dit was duidelik hy wou nie voortgaan nie.

Tragedie

Hy het probeer opstaan en soos ’n dronkie na die hoek gestrompel.

Hy’t op sy stoel gaan sit en aangedui hy kan nie voortboks nie.

Dié tragedie was nie die enigste in Tyson se loopbaan nie.

Hy het hom ook bankrot laat verklaar en is vir ses jaar tronk toe gestuur, maar is ná drie jaar vrygelaat.

’n Terugkeer na die kryt op 53-jarige ouderdom – 15 jaar nadat hy uitgetree het – dra nie almal se goedkeuring weg nie.

Suid-Afrika se voor­malige wêreldkampioen Brian Mitchell het in ’n onderhoud met IOL gesê Tyson moet van sy plan afsien.

Mitchell het gesê: “Boks is ’n brutale sport en hy het niks om te bewys nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters