10 dae gelede
Mitchell se invloed spook nog by Loftus
Damian WillemseFoto: GALLO IMAGES  ~ 

JOHN Mitchell is dalk nie meer die afrigter van die Blou Bulle nie, maar die Westelike Provinsie behoort sy invloed steeds te voel.

Die Kapenaars speel Saterdag teen die Pretorianers in ’n Curriebeker-kragmeting op Loftus Versfeld in die Jakarandastad.

Dawie Snyman glo die Bulle volg steeds die voormalige All Black-breier se styl.

Snyman sê: “John Mitchell het hulle ná Superrugby verlaat, maar hulle het besluit om die sterk punte wat hy by hulle ingedril het, te behou.

“Hulle speel teen ’n hoë tempo en benut die breedte van die veld. Hulle het ook elemente van sy benadering tot verdediging behou.

“Pote (Human, die Bulle se nuwe afrigter) het egter goeie werk gedoen deur die voorspelers se spel verder op te knap.

Goed

“Hulle nuwe spelstyl word nou met hulle sterk punte gekombineer.

“Dit maak van hulle­ ’n moei­like span om te klop.”

Snyman sê dit maak nie saak of Damian Willemse losskakel of heelagter speel nie, hy is ewe goed in albei.

Juarno Augustus moet nog ’n fiksheidstoets ondergaan voordat hy in aanmerking kan kom.

Snyman het ook bevestig dat die veteraan-skrumskakel Jano Vermaak nie beskikbaar is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters