14 dae gelede
Min hoop vir Ajax
Grant Margeman  ~ BackpagePix

DAVID Kannemeyer, voormalige defender van Ajax Cape Town, sê die klub se onvermoë om die promosie/relegasie-playoffs soos ’n toernooi aan te pak, kan bydra tot sy ondergang.

Dis juis waarom Kanne­meyer dit betwyfel dat Ajax volgende seisoen in die Premiersokkerliga (PSL) gaan speel.

Die Urban Warriors pak Tshakhuma Tsha Madzivha­ndila (TTM) in die spanne se return leg van die uitspeelreeks.

Ajax moes in die eerste wedstryd diep delf om TTM met 3-2 te oorheers.

Sege

Die Kapenaars het dit laas week teen Black Leopards in hul tweede wedstryd van die reeks opgevolg met ’n nederlaag van 0-1. Dié uitslag het Ajax weer op die agtervoet sit.

Boonop het Leopards sy sege oor Ajax opgevolg met ’n tweede van die reeks deur TTM met 3-1 kaf te draf.

Dit beteken Leopards is ná twee wedstryde met ses punte in die driver’s seat om sy PSL-status te behou, terwyl Ajax ná sy twee wedstryde drie punte ingesamel het.

TTM het intussen ook sarkastiese gelukwense uitgestuur – hy het Leopards reeds geluk wens omdat hy sy PSL-status behou.

Calvin Marlin (coach) en sy troepe moet seker maak hulle samel vandag die maksimum punte in om hul kans in die reeks lewend te hou.

Volgens Kannemeyer, wat van 1999 tot 2001 meer as 60 wedstryde vir Ajax gespeel het, lyk Marlin-hulle se kans skraal om weer PSL-status te behaal.

“As ons hul formation en spel bekyk, verstaan ek nie hul plan van aksie so lekker nie,” sê Kannemeyer. “Hulle speel ’n 4-4-2, maar daar is geen wing-play nie.

“Hulle speel vir (Eleazar) Rodgers as die target man, maar daar kom nie juis crosses van die wings af nie.

“Boonop kan hulle nie van voor die pale goals score nie.

“Ek dink ook nie hulle moet Grant (Margeman) as die nr. 6 laat speel nie.

“Hy moet as ’n nr. 10 speel, want dis waar hy vir die nasionale o. 23-span speel.

“Vir my het Ajax ook nie ’n identiteit nie. Waar is die Ajax style?” vra Kannemeyer, wat spanne soos Cape Town All Stars en The Magic afgerig het.

“Daar is ook nie genoeg leaders met ervaring in die span nie. Dís wat jy in sulke tye kort.

“Hulle lyk nie juis soos ’n span wat dit gaan maak nie, maar good luck vir hulle,” voeg Kannemeyer by wat vir klubs soos SuperSport United, Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns gespeel het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters