13 dae gelede
Messi beste vir 'n 6de keer
Messi
Lionel Messi is weer as Ballon D'or-wenner aangewys.  ~ Twitter

LIONEL Messi het sy rival Cristiano Ronaldo verbygesteek in hul wedloop om die meeste Ballon D'or-trofeë. 

Messi is Maandagaand in Parys, Frankryk vir 'n sesde keer as die beste speler in die wêreld aangewys.

Die Argentyn het Liverpool se sterverdediger Virgil van Dijk en Ronaldo, wat dit al vyf keer in sy loopbaan gewen het, uitgestof vir dié gesogte toekenning.

Messi is beloon vir 'n uitstaande 2018/19-seisoen waarin hy 36 doele in 34 wedstryde vir Barcelona aangeteken het.

*Liverpool se Alisson Becker het die Yachine-toekenning vir beste doelwagter gekry en Matthijs de Ligt van Juventus die Kopa-toekenning vir beste jong speler. 

Megan Rapinoe van Amerika is die beste vroue-speler.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters