9 dae gelede
Mercedes jaag nou in all black
BAHRAIN, BAHRAIN - MARCH 30: (EDITORS NOTE: Image
Lewis Hamilton  ~ Getty Images

LEWIS Hamilton en Valtteri Bottas sal vir die 2020-seisoen met swart Mercedes-renmotors jaag.

Die huidige F1 wêreldkampioen-renmotor wil 'n kragtige en visuele standpunt teen rassisme maak, terwyl hy ook diversiteit wil aanwakker.

Mercedes het altyd sy motors in die historiese 'Silver Arrows'-kleurskema laat jaag.

"Vir 2020 het ons gekies om in 'n heeltemal swart kleur te jaag as 'n openbare belofte om die diversiteit van ons span te verbeter - en 'n duidelike verklaring dat ons teen rassisme en alle vorme van diskriminasie is," lui 'n verklaring van Mercedes.

Hamilton, die huidige wêreldkampioen-renjaer het gesê: "Dit is so belangrik dat ons hierdie oomblik aangryp en gebruik om onsself op te voed as individue, 'n handelsnaam of 'n maatskappy om werklike betekenisvolle veranderinge aan te bring. Veral as dit kom by gelykheid en inklusiwiteit.

Team Mercedes
PIKSWART: Mercedes se renmotor vir die 2020 Formule Een-seisoen

"Ek het persoonlik rassisme in my lewe ervaar en gesien hoe my familie en vriende rassisme ervaar, en ek praat uit my hart uit as ek 'n beroep doen om verandering.

'Toe ek met Toto Wolff (Mercedes span besstuurder) praat oor my hoop op wat ons as span kan bereik, het ek gesê dit is so belangrik dat ons verenig moet wees.

"Ek wil Toto en die Mercedes-raad hartlik bedank dat ons hierdie belangrike stelling gemaak het dat ons bereid is om te verander en te verbeter as 'n besigheid.”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters