10 dae gelede
M’Burg wil nou incash
Farook KadodiaFOTO VERSKAF  ~ 

GELD wat stom is, maak reg wat krom is.

En met die corona-virus-pandemie wat sokkerklubs se sakke hard geruk het, maak dit ook net besigheidsin.

Dis juis waarom Maritzburg United se eienaar, Farook Kadodia, nou probeer incash met twee van sy stersplelers – Rushine de Reuck en Richard Ofori.

Kadodia het die afgelope week via ’n Zoom-konferensie aangedui dat sy Kaapse defender De Reuck en Ghanese goalie Ofori te koop is – maar net as die “regte aanbod” op die tafel is.

Die duo word al geruime tyd sterk gekoppel met groot klubs soos Orlando Pirates.

Mamelodi Sundowns toon ook belangstelling in die ervare Ofori se dienste.

Volgens Kadodia is daar ’n goeie moontlikheid dat dié spelers nie meer volgende seisoen op hul boeke sal wees nie.

Oorweeg

“Ek dink daar moet ’n ywerige koper en ywerige verkoper wees,” verduidelik Kadodia.

“Ons wil altyd die spelers in ons groep gelukkig hou en na hul toekoms omsien.

“Maar sou enige beter aanbiedinge in die toekoms kom, sal ons dit moet oorweeg,” het hy verder gesê.

Die Team of Choice, soos Maritzburg genoem word, het ook reeds die high earner van Sundowns Jeremy Brockie van sy leenkontrak vrygestel.

Volgens Kadodia kyk hulle nog nie na nuwe opsies nie omdat die seisoen nog nie afgehandel is nie.

“Ons kan nie desperaat wees om op hierdie oomblik in die mark te gaan nie,” sê hy.

Intussen geniet die span van Pietermaritzburg ook ’n stewige seisoen onder die wakende oog van sy coach, Eric Tinkler.

Dis nadat Tinkler laas seisoen ook ’n haas uit die hoed getrek het om Maritzburg van relegasie te red.

Met ses wedstryde oor beklee Tinkler-hulle die vyfde posisie op die punteleer.

Hulle is sterk op koers om te kwalifiseer vir ’n posisie onder die top-agt spanne.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters