24 dae gelede
Mbenge vs. Makhense
NÓG ’N SEGE: Thulani Mbenge slaan Kuvesa Katembo van die DRK plat.  ~ Gallo Images

’N RILLER soos min – en een van die beste plaaslike weltergewiggevegte nóg in Suid-Afrika.

Só sê die bokspromotor Rodney Berman in ’n interview met The Ring nadat dit bekend geword het Thulani Mbenge en Jabulani Makhense pak mekaar in Julie by Emperors Palace.

Die finale datum sal bepaal word wanneer dit bekend is of toeskouers die toernooi kan bywoon.

“Mbenge en Makhense is twee uitstaande jong boksers wat nog nie hul potensiaal bereik het nie. Boonop het albei interessante internasionale loopbane wat voor hulle lê,” sê hy.

Mbenge, van Mdantsane buite Oos-Londen, het 17 van sy 18 gevegte gewen. Hy’t nog net teen Sebastian Formella van Duitsland met punte verloor. Hy spog met 13 uitklophoue.

Makhense, van Pretoria, is ná 11 gevegte onoorwonne en het 5 keer met uitklophoue gewen.

Die twee boksers kan vir groot vuurwerk sorg en fans op die punte van hul stoel hou – al sal hulle dalk die geveg op TV moet kyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters