14 dae gelede
Mbappé sal woema gee
Kylian Mbappé  ~ Getty Images

DANNY Murphy, die voormalige Liverpool-speler, sê sy ou span moenie bang wees om een van sy sterre in ruil vir ’n ander ster te verkoop nie.

Murphy, wat van 1994 tot 2007 meer as 200 wedstryde vir die Reds gespeel het, glo die Engelse Premierliga-voorloper kan Roberto “Bobby” Firmino verkoop om die Franse ster Kylian Mbappé na Anfield te bring.

Hy meen dit kan soortgelyk wees aan die deal wat die Merseysiders met Barcelona aangegaan het vir Philippe Coutinho se skuif na die Camp Nou.

Liverpool het Coutinho vir £142 miljoen (sowat R2,7 miljard) verkoop en dit het hulle in staat gestel om spelers soos die defender Virgil van Dijk en die Brasiliaanse goalie Allison Becker se dienste te bekom.

Mbappé (21) het in 2018 ’n price tag van £152 miljoen (sowat R2,9 miljard) gehad.

Aanbeweeg

“Van Dijk is onvervangbaar, maar kan jy nóg ’n striker kry wat ook soos Firmino doele kan aanteken? Dié antwoord is ja!

“Sal die speler ook so baie assists maak soos Firmino? “Waarskynlik nie, want hy komplementeer Liverpool se system en die front two van Mo Salah en Sadio Mané.

“Daar is niemand soos Firmino nie. Hy is uniek en wonderlik, maar in sokker moet jy aanbeweeg en Firmino is vervangbaar. As Mbappé kom, sal Liverpool se front three nog meer scary wees. Hy sal woema gee.

“Sal hy die ander twee strikers kan komplementeer soos Firmino? Dit is debatteerbaar.” 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters