2 maande gelede
Maties vir 'n vyfde keer baas
STELLENBOSCH, SOUTH AFRICA - APRIL 15:  during the
Die drieĆ«vraat Edwill van der Merwe op die aanval.  ~ gallo images

DAAR is net geen keer aan die Maroen-masjien van Stellenbosch.

Die rugbyspan van die Maties het Maandagaand die Varsity Cup vir die vyfde keer gewen nadat hy Tukkies in die eindstryd met 34 -12 geklop het.

Die volgepakte Danie Craven-stadion het rede gehad om te jubel en juig toe hul helde die besoekers oorrompel het.

Die Maties se lostrio van Stephan Streicher (8), Chris Massyn (7) en Johann van Niekerk (6) het soos honger leeus die op die losballe toegesak en daarmee die besoekers omtrent frustreer.

Dit was die einste Van wat Niekerk wat hom oorgewurm het vir sy span se eerste drie.

Terwyl die losskakel Jordy Chait met die doelskop onsuksesvol was, was dit die senter Chris Smit wat op opwindende wyse sy span se tweede drie opgeset het.

Smit het met ’n dwarsskop vir Munier Hartzenberg weggestuur om onder die pale te gaan afrond. Smit is ook as die speler van die reeks aangewys.

Van Niekerk het kort ná rustyd sy span se voorsprong laat groei met sy tweede drie.

Maar die Tukkies het goed teruggeveg met twee drieë deur die regtervleuel Dewald Naude vroeg in die tweede helfte.

Tinus de Beer (21-12) het met die doelskop geslaag. 

Die besoekers se vuur is egter geblus toe die heelagter Vaughen Isaacs met ’n rooi kaart gestraf is ná ’n gevaarlike duikslag.

Puntemakers:

MATIES – drieë: Munier Joe van Niekerk (2), Munier Hartzenberg (2); doelskoppe: Jordy Chait (3); strafdoel: Chait (2).

Tukkies – drieë:  Dewald Naude (2); doelskop: Tinus de Beer


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters