9 dae gelede
Maryka groet Oos-Kaap
Maryka Kirchoff verruil die Oos-Kaap vir Nieu-Seeland. Foto: saspa  ~ 

DIE Oos-Kaap is sy veelsydigste sportvrou kwyt.

Maryka Kirchoff verruil Oos-Londen vir Nieu-Seeland en kan ’n groot aanwins vir die Kiwi’s wees.

Die 27-jarige Kirchoff het ’n passie vir krieket, netbal en rugby.

Haar afrigters het haar as goed genoeg beskou om Suid-Afrika in enige van dié sportsoorte te verteenwoordig.

In ál drie sportsoorte was sy lid van die nasionale groepe.

As sy tot dusver net op een sport gekonsentreer het, sou sy waarskynlik gereeld die nasionale span daarin verteenwoordig het.

’n Blink toekoms word ook vir haar as netbalskeidsregter voorspel.

Vir eers sal Kirchoff haar keuses in Nieu-Seeland oorweeg voordat sy besluit waar sy betrokke sal raak. Sy beplan om haar permanent in Nieu-Seeland te vestig.

Verlede seisoen was sy Grens se vroue-krieketspeler van die jaar.

Grens Krieket het gister hulde aan Kirchoff gebring toe die groep vir die komende seisoen aangewys is en gesê sy sal geweldig gemis word.

Die Suid-Afrikaanse Skolespeler Gandhi Jafta is ook nie meer by Grens nie. Sy studeer in Pretoria en is vir Noorde­likes beskikbaar.

Khuselwa Soka is ’n ander staatmaker wat ook nie meer daar is nie. Sy het uitgetree.

Asakhe Nyovane, Siyolise Fawuli, Cinga Mhlubulwana, Siyahluma Mabombo en Sivokuhle Copiso is die nuwelinge in die groep.

Grens se eerste wedstryd is op 13 Oktober teen Gauteng in Johannesburg.

Grens se groep is: Shafeeqa­ Pillay (k), Zintle Mali (o-k), Asakhe Nyovane, Genevieve Fritz, Sivokuhle Copiso­, Siyamanga Mhletywa, Nosipho Tayi, Angelique Taai, Caelin Hall, Khayakazi Mathe, Nobulumko Baneti, Cinga Mhlubulwana, Siyolise Fawuli, Chuma Qawe, Chi­teme Stuurman, Siyanda Tyesi­, Siyahluma Mabombo, Siphokazi Nazo.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters