Verlede maand
Marlin het vele opsies
Calvin Marlin  ~ BackpagePix

VIR ’n tweede keer dié seisoen is Ajax Cape Town se lot in sy eie hande.

Hopelik sal Ajax se hoëkoppe dié keer ’n wortel voor die spelers se neus swaai deur geld op die tafel te sit om die spelers aan te spoor.

Om een of ander rede bring bonusse en geldelike belonings die beste uit spelers.

Die Urban War­riors se manier om promosie te verkry na die Premierliga is weer baie eenvoudig: Klop Leopards môre. Dan sal Ajax so te sê in die driving seat wees met ses punte ná twee wedstryde in die reeks.

Die span van Parow het uitstekende karakter getoon in sy eerste wedstryd van die promosie/relegasie-play-offs.

Dis toe Calvin Marlin (tussentydse afrigter) se troepe TTM met ’n sege van 3-2 oorheers het nadat hulle ná die uurmerk nog met 1-2 agtergeloop het.

Maar TTM het fokus verloor terwyl hy voorgeloop het. Twee doele binne tien minute deur Sonwabile Mfecane en Kegan Johannes het die wind behoorlik uit sy seile gehaal.

Leopards sal Ajax se grootste teenstander wees om die reeks te wen. Dis waarom môre se stryd teen Dylan Kerr, afrigter, se Leopards-span van kardinale belang is.

Dit sal ook tot ’n groot mate die druk op Ajax verlig en sy vooruitsigte ’n hupstoot gee om PSL-status te bereik.

Maar Leopards se tjank sal beslis nie so maklik afgetrap kan word nie.

Marlin sal waarskynlik dieselfde Ajax-span in die veld stoot met Eleazar Rodgers en Abednigo Mosiatlhaga wat sy aanval lei.

Verras

Roderick Kabwe sal waarskynlik met die kaptein, Grant Margeman, in die enjinkamer opgeteam word.

Marlin kan ook verras deur sy doeleheld Kegan Johannes op right-back in te span.

Marlin het verskeie opsies, maar die groot vraag is: Hoe honger en begeesterd is sy spelers om die wa hierdie keer suksesvol deur die drif te trek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters