Verlede maand
Marlin het nog opsies
Calvin Marlin  ~ Backpagepix

CALVIN Marlin, coach van Cape Town All Stars, sê hy is meer gefokus op die welkome verandering wat die Nedbank Cup meebring as die bedreiging wat sy buurspan, Cape Town Spurs, in ’n derby inhou.

Die Kaapse derby van die ronde se laaste 16 spanne begin 15:00 môre op Parow Park.

Die spanne pak mekaar binnekort ook in die Eerste­liga-stryd.

Lot

Cape Town All Stars en Ian Taylor (coach) se Cape Town Spurs veg tans albei om oorlewing in die sogenaamde graveyard-liga.

Die Eersteliga-kragmeting kan dus albei spanne se lot op die lang termyn bepaal.

Die bekerreeks gee die spanne die geleentheid om vreesloos te wees omdat hulle niks het om te verloor nie.

Marlin was toevallig voorheen op Spurs se boeke.

Hy sal vir sy voormalige werkgewers ’n punt wil bewys nadat hy op ’n ietwat onbeleefde wyse die deur gewys is.

Volgens die voormalige Bafana Bafana goalie (44) gee die aanloklike Nedbank Cup-reeks hom die geleentheid om so ’n bietjie met sy span te eksperimenteer.

“Die kompetisie bring ’n bietjie verligting en dit laat jou toe om meer ontspanne te wees,” het Marlin gesê.

“Ons gaan beslis ’n paar dinge probeer wat die samestelling van ons span betref.

“Ons beplan nie juis vir die derby nie, maar ons wil van die ander spelers inspan om te sien wat hulle aanbied.

“Ek, tesame met coach King (Bikwani) en coach Themba (Badela), probeer maar voortgaan waar coach (Dylan) Deane­ afgelos het. Dis alles onder uitdagende omstandighede.

“Covid-19 het sy eie uitdagings en stres gebring. Dis ietwat van ’n pyn in die agterplaas, maar dis vir al die ander spanne dieselfde.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters