14 dae gelede
Mario kan by Usuthu aansluit
mario booysen Foto: GALLO IMAGES  ~ 

MARIO Booysen sal hopelik teen Woensdag permanent op AmaZulu se boeke wees.

Dís die verwagtinge van Booysen se agent, Sean Roberts.

Booysen was voorheen op Ajax Cape Town en Mamelodi Sundowns se boeke.

Hy oefen tans met Usuthu nadat hy deur Kaizer Chiefs vrygestel is ná ’n seisoen by Naturena.

Tevrede

Roberts het Dinsdag aan Son gesê sy kliënt sal binnekort bevestiging kry.

“AmaZulu speel Woensdag ’n friendly. Ons sal dan weet waar ons staan,” verduidelik Roberts.

“Hulle is ook baie tevrede met Mario se fiksheidsvlakke, en hopelik kry hy ’n kontrak,” voeg Roberts by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters