2 maande gelede
Maradona laat glo sy k*k staan
DIEGO MARADONAFoto: GETTY IMAGES  ~ 

DIEGO Maradona, Argentynse sokkerlegende, is glo gerehabiliteer.

Maradona beweer hy het sy manewales agter hom gesit voor sy nuwe uitdaging as bestuurder van Dorados de Sinaloa, ’n Tweede Liga-klub in Mexiko.

Dít is ondanks die feit dat dié klub in die hart van ’n dwelmkartel se tuiste is.

Die Sinaloa-kartel is een van Mexiko se magtigste dwelmsmous-bendes.

Maradona is Maandag bekend gestel as Dorados se nuwe baas.

Dié 57-jarige legende hou vol dat sy nuutste verwikkeling beslis nie ’n publicity stunt of “holiday” is nie.

“Ek kom hier om te werk en my hart te gee,” het Maradona gesê.

Die voormalige Barcelona striker het in die verlede in die openbaar gesukkel met sy dwelm- en alkoholverslawing. En hy was onlangs weer in die kollig vir sy eksentrieke gedrag by die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Rusland tydens Argentinië se wedstryde.

Maradona het hierop gerea­geer: “Ons word almal geoordeel. En hoeveel ander mense is daar nie wat veel erger dinge as ons doen en nie die koerante haal nie?”

Maradona het in die verlede spanne soos Al-Fujairah en Al-Wasl in Arabië afgerig.

Hy het ook die sweep van Argentinië se nasionale span geklap van 2008 tot 2010. AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters