12 dae gelede
Manie wil beïndruk
SPELSKEPPER: Manie Libbok in aksie vir die Stormers.  ~ Gallo Images

MANIE Libbok voel die huidige spelstyl van die Stormers pas hom soos ’n handskoen omdat hy die vryheid het om homself op die veld uit te leef.

Dié 24-jarige boorling van Humansdorp het reeds ’n groot reputasie opgebou as ’n puik aanvallende speler wat die vermoë het om die vonk in die agterlyn te verskaf.

Hy gaan daardie vaardighede weer ten toon wil stel wanneer die Stormers Vrydagaand teen die Dragons in Newport, Wallis, te staan kom.

Libbok het gister in ’n aanlyn konferensie gesê: “Ja, ons het ’n baie opwindende agterlyn. Ek geniet dit rêrig om saam met hulle te speel. Ons almal het baie gou ge-gel.

Almal bring verskillende vaardighede en ons werk goed saam as ’n span.

“Hier en daar is daar nog ’n paar klein dinge wat ons moet uitsorteer.

Kliphard

“Wanneer ons dit gaan regkry, gaan ons voortaan beslis baie gevaarlik wees.”

Die voormalige Bulls- en Sharks-speler wil nie net bekend wees as ’n speler wat goed kan aanval nie. Hy wil ook sy taktiese spel opknap.

“Ek wil ’n volmaakte losskakel wees en werk dus kliphard aan ál die aspekte van die spel.

“Ek wil nie net met die bal hardloop nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters