3 dae gelede
Mané: Ek sál duik
Sadio Mané  ~ Getty Images

ASOF daar nie genoeg sielkunde toegepas en modder gegooi is tussen Liverpool en Manchester City voor Sondag se top-of-the-table Premierligastryd nie, het Sadio Mané die kwik nog verder laat styg.

Mané het die Cityzens gewaarsku hy sal beslis nie van sy natuurlike spel afwyk wanneer die Engelse reuse mekaar op Anfield (18:30) pak nie.

Dit volg nadat City se afrigter, Pep Guardiola, Mané van “diving” beskuldig het om sy Liverpool-span te help om ’n voorsprong van ses punte oor City te behou.

“As die dive my ’n penalty sal verseker, dan sal ek dit doen,” het Mané gesê.

“Maar Jürgen (Klopp) is reg, ek dive nie.

“Daar was beslis kontak in die wedstryd teen Aston Villa. Dalk het die ref dit nie gegee nie en my ’n geel kaart gegee daarvoor.

“Om eerlik te wees, ek het nie ’n probleem daarmee nie – dis waarmee ek wil volhard,” het Mané afgesluit.

Intussen hou Guardiola die asem op oor sy goalie, Ederson.

Ederson het Woensdag ’n besering tydens hulle Champions League draw (1-1) teen Atalanta opgedoen. Hy is in die rustyd vervang.

Guardiola meen dis nog te vroeg om ’n finale besluit te neem oor Ederson.

“Dis probleme met sy spier. Dis nie groot nie, maar hy het nie op sy gemak gevoel nie en dis waarom ons besluit het om nie te waag nie,” het die Spanjaard verduidelik. – AP

NAWEEK SE EPL FIXTURES

VANDAG

Norwich City t Watford (22:00)

MÔRE

Chelsea t Crystal Palace (14:30)

Burnley t West Ham United (17:00)

Southampton t Everton (17:00)

Newcastle United t Bournemouth (17:00)

Tottenham t Sheffield United (17:00)

Leicester City t Arsenal (19:30)

SONDAG

Manchester United t Brighton & Hove Albion (16:00)

Wolverhampton Wanderers t Aston Villa (16:00)

Liverpool t Manchester City (18:30)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters