12 dae gelede
Malajika se ware toets
VAT SO! Ricardo Malajika dwing Layton Gloss tot oorgawe.  ~ Gallo Images

RICARDO “Magic Man” Malajika kry op 19 Desember in Emperors Palace weer die kans om te wys waarom hy Suid-Afrika se volgende boksdiamant genoem word.

Hy meet dan kragte met Rofhiwa Nemu­shungwa om die vakante­ WBA Pan Africa juniorkapokgewigtitel.

Nemu­shungwa is van Limpopo en het 12 van sy 20 gevegte tot dusver gewen, terwyl die Johannesburger Malajika onoorwonne is ná ses gevegte. Hy het vyf van sy teenstanders uitgeslaan.

Malajika moes egter in sy laaste geveg twee keer van die krytvloer opstaan om die onoorwonne Mnqobi Mkhize oor agt rondes tot oorgawe te dwing. Malajika het uiteindelik met ’n TKO gewen.

Hy het die spoed, krag en amateur-pedigree om onoorwonne te bly, maar sou lesse uit sy laaste geveg geleer het om nie sy teenstander te onderskat nie.

Afgereken

Nemushungwa, daarenteen, het al top-teenstanders gepak.

Hy het verlede jaar net met punte teen die voormalige IBO-kampioen Lwandile Sityatha verloor en het ook al met die gevaarlike Joshua Studdard en Sabelo Ngebinyana afgereken.

Dié geveg kan dus Malajika se strafste toets tot dusver wees.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters