8 dae gelede
Maklik vir Juan Roux
REG: Die promotor Savva Savvas by Juan Roux.  ~ VERSKAF

DIE jong Kaapse swaargwigbokser Juan Roux kry ’n oorwinning op ’n skinkbord wanneer hy Didier Nywembwe van die Demokratiese Republiek van Kongo op 26 September in die Gorilla-sportkompleks in die Kaap pak.

Roux het in sy eerste drie gevegte groot indruk gemaak en ’n teenstander wat net twee van sy tien gevegte kon wen, behoort nie vir die bokser van Brackenfell ’n probleem te wees nie.

Toekoms

’n Blink toekoms word vir Roux voorspel, maar ná dié toernooi gaan Suid-Afrika steeds nie weet hoe goed hy is nie.

Nywembwe is op kort kennisgewing as teenstander aangewys. Roux sou teen Luke Sutherland geboks het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters