2 maande gelede
Madibaz slyp voluit om via Shield Cup te haal
weet hoe: Jarryd Buys in sy speeldae vir die Madibaz.Foto: gallo images  ~ 

DIE Madibaz gaan teen Varsity Cup-spanne voorberei vir hul debuut in die Varsity Shield.

Die Madibaz se breier, Jarryd Buys, sê sy span wil hul veldtog in die Varsity Shield op die voorvoet afskop.

Die span het reeds ’n paar oefenwedstryde gereël en is al van 3 Januarie af aan die werk vir die kompetisie. Dit begin op 18 Februarie.

Die Madibaz gaan die UWK in George en die SUT Ixias in Cradock pak. In hul laaste opwarmingswedstryd vat hulle die plaaslike Gold Cup-span Gardens aan.

Buys, wat voorheen vir die Madibaz gespeel het, sê hulle berei teen Varsity Cup-spanne voor, want hulle wil nie die Madibaz se spelpeil laat daal nie.

“Ons wil so gou moontlik terugkeer na die Varsity Cup deur die Shield te wen. Dus wil ons in ons voor­bereiding geen tyd mors nie. Ons wil gereed wees wanneer die kompetisie afskop.”

Geolie

Buys sê daar was ’n paar veranderinge aan die span se personeel. Daarom het hulle eers op die basiese dinge gefokus.

“Ons het baie aan verdediging gewerk, en veral ons skopwerk. As daardie dinge goed geolie is, kan ons aan ander dinge aandag gee.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters