15 dae gelede
Madibaz geTuks
glibberig: Tshinakaho Mdau van Tuks is te vinnig vir die Madibaz se verdedigers. FOTO verskaf  ~ 

TUKS het Maandagaand in Coetzenburg se binnenshuise sportsentrum in Stellenbosch ’n einde gebring aan die Madibaz se onoorwonne lopie in Varsity Netbal-kompetisies.

Die Pretorianers was met 67-39 baas.

Die Baaise studente het beïndruk met drie agtereenvolgende oorwinnings, maar Tuks se tempo en krag was net te veel vir die Madibaz.

Tuks het eerste punte aangeteken. Die Madibaz het nie lank gevat om dit gelyk te maak nie.

Daarna was dit egter eenrigtingverkeer soos Tuks die Madibaz in trurat gehou het.

Al het die Madibaz ’n paar doele aangeteken, kon die Tukkies hulle voorsprong met groot gemak behou. Die rustydtelling was 36-19.

Die Madibaz het moedig probeer byhou, maar dit was vergeefs.

Dié nederlaag het die Madibaz na die vierde plek laat uitsak. Danksy drie oorwinnings is die Madibaz steeds bo Tuks op die puntelys.

Die Madibaz sal dié nederlaag gou moet afskud voor hul volgende wedstryd.

Tuks pak dié naweek die spanne van die UJ en VUT.

Die Madibaz het ’n moei­like taak teen die onoorwonne Kovsies en NWU.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters